On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 21 Jun 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het op gemiddeld 0,4% swakker verhandel na ‘n rondte tegniese verkope aangespoor deur die oorspoel-swakheid van koring. Verliese was in toom gehou deur vrese oor warm en droë toestande oor die middel-oostelike gedeeltes van Amerika.

Uitvoer vanaf die Oekraine is 44% laer as die vorige seisoen. Uitvoer via treine en trokke vind plaas, maar teen ‘n baie klein tempo weens die lae kwantiteit van hierdie uitvoerwyse. Franse mielietoestande is tans op 87% goed tot uitstekend.

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het Maandag in die rooi verhandel na aanleiding van ‘n swak Amerikaanse mark. Verliese was maar marginaal. Geelmielies het groter verliese getoon. Die verskil tussen wit- en geelmielies is tans R83.

Die witmieliekontrak het vir Junie R7/ton laer verhandel vir die dag om teen R4 550/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R11/ton swakker verhandel teen R4 560/ton.

Die geelmieliekontrak vir Junie 2022 het R15/ton swakker verhandel teen R4 623/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie teen R4 635/ton verhandel.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het swakker verhandel teen sluitingstyd en het mielies, koring en die olieprys gevolg en laer verhandel. Verliese was marginaal met ongunstige weersomstandighede wat pryse in toom gehou het.

China beplan nog ‘n veiling vir sojabone wat aan die staat behoort om pryse te laat afkoel en te help met plaaslike vraag.  

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ook swak presteer wat ook aangespoor is deur ‘n swakker Amerikaanse mark. Sojabone het vatbare verliese getoon met pryse wat tot en met 2,4% gedaal het. Die Mei ’23 kontrak verhandel tans teen R8 350.

Die sojaboon Junie ’22-kontrak het R110/ton laer verhandel teen R8 890/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het R107/ton swakker verhandel teen R8 934/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het teen R9 065/ton, R113/ton swakker verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het die swakste presteer in die vorige verhandelingsessie. Pryse het gemiddeld met 3-4% gedaal weens ‘n rondte tegniese verkope aangespoor deur oorspoel-swakheid van olie en ‘n versterkende Amerikaanse dollar. Stroopdruk belemmer ook tans pryse.

Franse sagte koring se kwaliteit het vir die sewende week in ‘n ry gedaal en staan tans op 65% goed tot uitstekend. Droë toestande is die grootste faktor wat kwaliteit beïnvloed. Droë weer vertraag tans Argentinië se koringaanplanting en is 10% laer as die vorige seisoen.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het die swakste presteer, ooreenstemmend met die Amerikaanse koringmark. Die mark het ondersteuning verloor met pryse wat tot en met 2,5% gedaal het.

Die koring Junie '22-kontrak het teen R7 995/ton verhandel. Die koring Julie ’22-kontrak het teen R7 974/ton verhandel, R188/ton swakker.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.