On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 12 Aug 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend met 0,94% gestyg.

Voor die WASDE-verslag wat Vrydag vrygestel gaan word, verwag ontleders dat Amerikaanse mielieproduksie effens sal daal. Dit kan deels wees as gevolg van hitte wat sy tol op opbrengste eis.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Donderdag effens opwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Augustus 2022, R27/ton (+ 0,65%) geklim om teen R4 205/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Augustus 2022, R13/ton (+ 0,31%) hoër verhandel om teen R4 180/ton te sluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Donderdagoggend met 0,27% gedaal.

Voor die WASDE-verslag wat Vrydag vrygestel gaan word, verwag ontleders dat Amerikaanse sojaboonproduksie effens sal daal. Dit kan deels wees as gevolg van hitte wat sy tol op opbrengste eis. Tans is 59% van die oes in 'n goeie-tot-uitstekende toestand, en 30% in 'n redelike toestand. Hierdie graderings is vergelykbaar met die vorige seisoene se graderings.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdagoggend met afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2022 met R70/ton (- 0,80%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R8 730/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend 2,33% hoër verhandel.

Nuus oor Oekraïense graanuitvoer oorheers steeds markbewegings. Die Amerikaanse winterkoring is alreeds 86% geoes, terwyl die lentekoringoes hierdie week afgegradeer is. Die afgradering was slegs marginaal van 70% goed-tot-uitstekend tot 64% goed-tot-uitstekend.

Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met effens afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2022 met R18/ton (- 0,26%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 040/ton. Die Desember 2022-koringkontrak het met R6/ton (- 0,09%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 830/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.