Agriculture
Uitbraak van hondesiekte in en om Upington─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 18 Aug 2022
Honde-eienaars word versoek om hulle klein honde teen hondesiekte in te ent.
Hondesiekte staan ook as K9 distemper bekend.
Die verspreiding van dié siekte is tans, volgens Sanmari Labuschagne van FURever Adoptions in Upington in die Noord-Kaap, buite beheer in daardie omgewing.
Sien onderstaande PODCAST
Sy sê daar is ook berigte dat hondesiekte dalk in Postmasburg, Deben naby Olifantshoek en in Kakamas opgemerk is.
Hierdie siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer in honde en verskil volgens Labuschagne van hondsdolheid. Sy verduidelik dat dit meestal onder jong honde voorkom, maar kan ook in ouer honde voorkom.
Die siekte kan via direkte of indirekte kontak van hond tot hond versprei.
OFM-nuus wag nog op terugvoer van die staatsveearts en die departement van landbou in die Noord-Kaap rakende hondesiekte.
Meer oor FURever Adoptions:
Labuschagne het die organisasie meer as ‘n jaar gelede begin met die doel om diere in nood te red en hulle ‘n tweede kans op ‘n nuwe lewe te gee. Streng aannemingsprosedures word gevolg.
Die organisasie bestaan uit ‘n groepie vroue wat as diereredders en pleegouers optree. FURever Adoptions streef daarna om diere te red, versorg en aan te neem.
Die fokus is op honde van gemengde rasse.
Vir meer besonderhede oor FURever Adoptions of om 'n donasie te maak, besoek hulle Facebook-blad, of kontak Labuschagne by 074-660-4889.
