On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbousektor kan baat by nuwe uitvoerhawe in Noord-Kaap

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 22 Aug 2022

Landbousektor kan baat by nuwe uitvoerhawe in Noord-Kaap | News Article
FOTO: Henk Kruger/ANA.

Die Noord-Kaapse regering het R100 miljoen aan die ontwikkeling van ‘n uitvoerhawe by Boegoebaai naby Alexanderbaai aan die Noord-Kaapse kus toegeken.

Volgens die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, is dit ‘n eerste op dié skaal en grote vir die Weskus en die Noord-Kaap. 

Hy sê die landbousektor sal ook hierby baat. 

Sien onderstaande PODCAST

Jansen verwelkom die aankondiging en is van mening dat daar ‘n behoefte aan nog ‘n uitvoerhawe is, veral vir die mynboubedrywighede in daardie omgewing.

ALSO READ: Logistics should be a key focus for SA farmers

Hy verduidelik dat die westelike dele van die Noord-Kaap, wat Postmasburg en Kuruman insluit, ‘n groot ontwikkelende gedeelte is ten opsigte van mynboubedrywighede, met die bekendste wat ystererts is wat met die Sishen/Saldanha-treinspoor na Saldanha vervoer word om van daar af na ander lande uitgevoer te word.

“As ek my syfers reg het, dan het daardie omgewing die grootste mangaan-neerslag ter wêreld. So, daar is ‘n geweldige groot beskikbaarheid van mangaan en dit word dan uitgevoer na China toe,” verduidelik Jansen.

Sentraal Suid-Afrika se padinfrastruktuur-uitdagings

Jansen sê huidiglik word hierdie mangaan per pad regoor die Noord-Kaap en deur die Vrystaat vervoer, om ten einde die Durban of Qhubeka (voorheen Port Elizabeth) hawens te bereik.

Sentraal Suid-Afrika se reeds beskadigde padinfrastruktuur kan dit nie hanteer nie, en Jansen is van mening dan die koste van al hierdie vervoer deur trokke op die langtermyn astronomies kan wees om die padinfrastruktuur in stand te hou.

Hoe die uitvoerhawe positief tot die landbousektor sal bydra

Jansen is van mening dat hierdie uitvoerhawe ‘n groot voordeel vir landbou sal inhou, veral vir uitvoer na Amerika en Europa.

Die vervoerkoste vir die sitrus-, rosyntjie- en neute bedrywe kan tot en met 50% daal indien daar ‘n suksesvolle hawe is, deel Jansen verder.

“Saam met so ‘n hawe-ontwikkeling gaan natuurlik spoorvervoer, wat ook aangelê moet word om by die hawe te kom sodat ons ons padinfrastruktuur kan beskerm, en dit nie onder druk kom met die vervoer na die hawe toe nie,” sluit hy af.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.