On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VL ondersteun verbod op beweging van beeste

───   ELSABÉ RICHARD 14:13 Fri, 19 Aug 2022

Landbounuus-podcast: VL ondersteun verbod op beweging van beeste  | News Article

Vrystaat Landbou ondersteun die 21-dae verbod op die beweging van beeste om enige verdere verspreiding van bek-en-klouseer te verhoed.

Die organisasie versoek ook alle veeboere en die veebedryf, insluitend staat- en private veeartse, om almal saam te werk om die deurdinkte, krities strategiese plan te laat werk. Gernie Botha, die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Vrystaat Landbou, sê met 18 positiewe, bevestigde gevalle in die Vrystaat, is die versekering deur die Staatsveeartse gegee dat al 60 000 diere wat op die besmette plase opgemerk was, ingeënt is en 21 dae moet staan voordat die beeste veilig verskuif kan word sonder om enige virus te versprei. Die nasionale Departement van Landbou het intussen erkenning gegee aan die pogings wat deur boere, gemeenskappe en nywerhede aangewend word om onwettige bewegings van diere uit bekende bek-en-klouseer-positiewe gebiede te stuit, en om biosekuriteit te verbeter.

Daar is 'n verwagting dat teff-produksie sal toeneem namate die gewildheid daarvan oor die wêreld heen groei. Dit, aangesien die voedingswaarde en glutenvrye waarde daarvan, teff baie geskik maak as 'n bestanddeel vir die toenemende vraag na gesondheidskos, sportvoeding en dieetvoedsel. Volgens die verkoopsbestuurder van Icon Foods International, Natasha Roodt, is daar ‘n groot aanvraag na teff, daarom hoop hulle om 'n groot groei in teff-produksie in Suid-Afrika te sien.

EN

Sowat 300 fietse is aan leerders by die Hoërskool Vaalrivier in Barkly Wes in die Noord-Kaap uitgedeel deur Wildeklawer, in samewerking met Absa en die nie-regeringsorganisasie Qhubeka. Hierdie oorhandiging van fietse is volgens Cassie Caarstens van Wildeklawer belangrik om te verseker dat skoolleerders, wat die toekoms van die land is, se ritte na hulle skool makliker is. Volgens Thomas September van Absa beteken "Qhubeka" gaan vorentoe, en dit is hulle hoop met hierdie inisiatief dat die fietse leerders sal help om onder meer ook meer aktief te wees.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.