On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Meer as 90% van wol tydens tweede wolveiling verkoop

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 26 Aug 2022

Meer as 90% van wol tydens tweede wolveiling verkoop | News Article
FOTO: Nampo 2014.

Daar is gedurende die tweede wolveiling van die 2022/23-seisoen meer as 6 800 bale aangebied, waarvan 94,9% verkoop is.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 6,8% vir nie-RWS en 7,7% vir RWS wol versterk teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R165,74/kg en R184,33/kg, onderskeidelik gesluit.

LEES OOK: #FMD: Kleinskaalse wolprodusente, werkers bedreig deur China-verbod

Hy sê die Rand het 2,5% swakker verhandel teen die VSA Dollar en 0,3% verloor teenoor die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.

“Op die OVK veiling is 3 163 bale aangebied, waarvan 95,8% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling, van R249,10/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot BH van 16.8 mikron uit die skeersel van FBC Viljoen Boerdery vanuit die Swellendam-distrik.

ALSO READ: Lifting of wool import ban by China widely welcomed

“Die koper was Stucken & Co,” deel Victor.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 31 Augustus waar sowat 6 153 bale aangebied sal word.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.