On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   13:00 Mon, 29 Aug 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 1,7% geklim.

Wêreldwyd is mielieproduksie steeds in die kollig. Wêreldwye mielieproduksie sal na raming laer wees vir die 2022/23-bemarkingsjaar. Dit is deels weens die hoër insetkoste, maar ook ongunstige produksietoestande. In die EU verwag Duitsland dat hul mielieproduksie hierdie seisoen met 21,5% gaan tuimel. Verlede week het die EU-kommissie ook mielieproduksieskattings met byna 10% verminder. Franse mieliegradering is ook in 'n vryval en slegs 47% van die oes word in 'n goeie tot uitstekende toestand geskat. In die vorige seisoen was die gradering 91% goed tot uitstekend. Die VSA sal vanmiddag insig oor die oesgradering en die kwaliteit van die VSA mielie-oes gee.

Die plaaslike Safex-mieliekontrakte het Maandag met effense opwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in September 2022, R68/ton (+ 1.52%) geklim om teen R4 550/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2022, R70/ton (+ 1.56%) hoër verhandel om teen R4 521/ton te sluit. Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R74/ton (+ 1.62%) geklim om teen R4 635/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R81/ton (+ 1.78%) hoër verhandel om teen R4 641/ton te sluit.

 

Sojaboon

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Maandagoggend met 3,40% gestyg.

China beplan nog 'n veiling van sojabone in staatsbesit om plaaslike voorraad 'n hupstoot te gee en hoë pryse te beheer. Vroeër verlede week het Conab ('n Brasilliaanse landbou-agentskap) 'n moontlike rekord-verbeterende sojaboon-oes in die komende seisoen aangekondig.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag oggend met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2022 met R149/ton (+ 1.66%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 125/ton.

 

Koring

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 1,95% verhandel.

Oorvloeisterkte van mielie- en sojaboonpryse het koringpryse ondersteun. Oekraïne se oes is nou 98% voltooi. Produksie is net meer as die helfte van die vorige seisoen se produksie. Indië het die uitvoer van koringmeel beperk om rekord plaaslike pryse te verlig en verbruikers te beskerm. In die EU is die koringoes aan die gang en dit is onderhewig aan ongunstige weerstoestande. Vanmiddag in die VSA sal die vrystelling van die oesgradering insig gee oor die kwaliteit van die Amerikaanse koringoes.

Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met 'n effense opwaartse tendens verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2022 met R8/ton (+ 0.12%) hoër verhandel om uiteindelik op R6 858/ton te sluit. Die Desember 2022 koring kontrak het met R19/ton (+ 0.28%) hoër verhandel om uiteindelik op R6 885/ton te sluit.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus https://www.grainsa.co.za/pages/industry-reports/market-reports

OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.