Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 06:00 Wed, 07 Sep 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die Amerikaanse mark was Maandag gesluit weens 'n openbare vakansiedag. Mielie-oestoestande op 29 Augustus het met 1% tot 54% goed-tot-uitstekende toestand gedaal. In die vorige seisoen is die oes 60% goed-tot-uitstekend beoordeel.
- Ongunstige weervoorspellings ondersteun steeds internasionale pryse, maar wisselvallige winsneming laat pryse van tyd tot tyd daal.
- Plaaslik: Mieliepryse het min wisselvalligheid getoon met pryse wat aan die negatiewe kant verhandel het. Verliese was baie marginaal. Geen toonaangewende inligting is uitgereik wat markte in ‘n spesifieke rigting gedruk het nie. Handelaars wag vir die Amerikaanse mark om weer te open en die oesvorderingsverslag vanuit die VSA.
- Die witmieliekontrak het vir September R18/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 623/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Desember het R14/ton laer verhandel teen R4 726/ton.
- Die geelmieliekontrak vir September 2022 het R12/ton swakker verhandel teen R4 579/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Desember het teen R4 697/ton verhandel, R15/ton swakker
Sojabone:
- Die Profarmer-oestoer het ook daartoe gelei dat sojaboontoestande afgegradeer is met 2% tot 57% goed-tot-uitstekende toestand vergeleke met die vorige jaar se gradering van 56%. Verwagtinge oor die Suid-Amerikaanse oes bly positief.
- Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het sy ondersteuning van die vorige dag se sessie verloor en laer verhandel. Die naby maande het swakker gevaar as die verder maande. Druk bly steeds op die Mei '23 kontrak.
- Die sojaboon September ’22-kontrak het R69/ton swakker verhandel teen R9 050/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het R88/ton laer verhandel teen R9 230/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R8 505/ton, R15/ton laer, verhandel.
Koring:
- Op 28 Augustus was die lentekoringoes in die VSA op 50% voltooi, effens agter die vyf jaar gemiddelde van 71%. Lentekoringtoestande het met 4% tot 68% goed-tot-uitstekende toestand verbeter vergeleke met 11% die vorige jaar. Ondersteuning in die koringmark aangespoor deur onsekerheid is verskans deur verbeterende koring-oestoestande in die VSA.
- Plaaslik: Die plaaslike koringmark het vir nog ‘n sessie geen vatbare beweging getoon nie. Daar is min toonaangewende inligting wat pryse in ‘n rigting druk vir die nabye toekoms.
- Die koring September '22-kontrak het teen R6 860/ton verhandel, R2/ton laer. Die koring Desember ’22-kontrak het teen R6 870/ton verhandel, R1/ton hoër.
