Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 13 Sep 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die Amerikaanse mieliemarkpryse het aansienlik hoër beweeg namate handelaars posisies ingeneem het voor die vrystelling van die WASDE-verslag Maandag. Die meeste ontleders verwag dat opbrengs in die VSA verlaag sal word. Pryse is ondersteun aangesien ontleders ook verwag het dat mielie-eindvoorraad gaan daal.
- FranceAgrimer het sy gehalte vir die 9de opeenvolgende week verlaag en slegs 43% van die oes in 'n goeie tot uitstekende toestand beoordeel, af van 84% vroeg in Julie.
- Plaaslik: Plaaslike mieliepryse het effense ondersteuning gevind in die vorige sessie, maar winste was maar marginaal.
- Die witmieliekontrak het vir September R15/ton sterker verhandel vir die dag om teen R4 696/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Desember het R1/ton hoër verhandel teen R4 776/ton.
- Die geelmieliekontrak vir September 2022 het R18/ton sterker verhandel teen R4 660/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Desember het teen R4 746/ton verhandel, R6/ton sterker.
Sojabone:
- Die Amerikaanse sojaboonmark het 'n verskeidenheid kommoditeite hoër gevolg, insluitend mielies en koring. Pryse het tussen 0,75 en 2% gestyg. Voor die vrystelling van die WASDE-verslag Maandag, verwag ontleders dat die skatting vir sojabooneindvoorrade verhoog sal word.
- China beplan nog 'n rondte veilings vir sojabone in staatsbesit om pryse te verlaag en plaaslike aanbod te verhoog.
- Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het verder druk ervaar met pryse wat tussen 0,2% en 0,9% gedaal het.
- Die sojaboon September ’22-kontrak het R41/ton swakker verhandel teen R8 815/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het R51/ton laer verhandel teen R8 985/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R8 375/ton, R71/ton laer, verhandel.
Koring:
- Die Amerikaanse koringmark het Vrydag 5% hoër gespring weens kommer dat Rusland veranderinge aan die huidige ooreenkoms sal eis wat voorsiening maak vir veilige deurgang van Oekraïense skepe uit die Swartsee-hawens. Stygende energiepryse en 'n verswakkende dollar het ook bykomende ondersteuning verleen.
- Leiers van Rusland en Turkye sal in die komende week in Oesbekistan vergader om die VN-bemiddelde ooreenkoms vir die deurgang van Oekraïense graan te bespreek. Ontleders verwag dat koringeindvoorrade in Maandag se WASDE-verslag sal toeneem. Oekraïne se herfsoes is nou 60% voltooi, koring is verantwoordelik vir die grootste deel. Onlangse ryp in Argentinië het skade aan die land se koringoes aangerig. Geplante oppervlakte is 9% laer as 'n jaar gelede.
- Plaaslik: Die plaaslike koringmark het die beste presteer met pryse wat tussen 0,6% en 0,8% toegeneem het.
- Die koring September '22-kontrak het teen R7 005/ton verhandel, R55/ton hoër. Die koring Desember ’22-kontrak het teen R6 976/ton verhandel, R43/ton hoër.
