On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri Securitas Trustfonds skenk R1,9 miljoen vir landelike veiligheid

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Wed, 14 Sep 2022

Landbounuus-podcast: Agri Securitas Trustfonds skenk R1,9 miljoen vir landelike veiligheid | News Article

'n Bedrag van R1,9 miljoen is deur die Agri Securitas Trustfonds, ’n nie-winsgewende organisasie wat hulle vir landelike veiligheid beywer, uitbetaal om misdaad in die landbougemeenskap te bekamp.

Agri SA sê in 'n verklaring fondse is aan boereverenigings in Noordwes, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Mpumalanga en die Vrystaat toegeken. Die organisasie verduidelik verder dat die mate waartoe die boerderygemeenskap onderhewig is aan geweld en eiendomsverwante misdaad, 'n negatiewe impak op voedselsekerheid en landbou-beleggings het.

Die LUR van Landbou in die Vrystaat, Thembeni Nxangisa, het sy innige meegevoel betuig met die familie van 'n kommunale boer wat in Jagersfontein dood is. Aaron Mosoeu was onder diegene wat as vermis aangemeld is toe 'n myndamwal Sondag in die klein dorpie gebars het. OFM-nuus se Bambatha Giko berig die oorstromings van die dam het groot verwoesting gesaai toe dit deur die gemeenskap gespoel en groot skade aan huise, motors, en ander eiendom veroorsaak het.

AND

Die Toyota SA en Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie laat finaliste nie net daarna uitsien om die gelukkige eienaar van ‘n nuwe Toyota Hilux-bakkie te wees nie, maar dit dwing hulle ook om introspeksie te doen en te kyk of hulle hul besighede doeltreffend bestuur. Só sê een van die beoordelaars van dié kompetisie, Professor Carlu van der Westhuizen, van die Sentrale Universiteit van Tegnologie in die Vrystaat. Van der Westhuizen sê dit is interesant om elke jaar te sien hoe produsente op unieke wyses hulle plase bestuur.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.