Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 28 Sep 2022

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die Amerikaanse mieliemarkpryse het vir 'n tweede agtereenvolgende dag gedaal ná 'n rondte tegniese verkope op Maandag en ná 'n breë stel kommoditeite laer gevolg het. Pryse het 'n verlies van gemiddeld 1,5% getoon, aangesien inflasievrese steeds swaar op graanpryse weeg.
- Die VSA mielie-oes vordering is op 12% voltooi op 25 September, 2% onder die vyf-jaar gemiddeld en 5% agter die vorige jaar. Die toestand van die oes het konstant gebly op 52% goed-tot-uitstekende toestand.
- Pryse vir beide wit- en geelmielies het tussen 0,4% en 0,7% gedaal.
- Die witmieliekontrak het vir Oktober R19/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 783/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Desember het R24/ton laer verhandel teen R4 842/ton.
- Die geelmieliekontrak vir Oktober 2022 het R23/ton swakker verhandel teen R4 686/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Desember het teen R4 777/ton verhandel, R21/ton laer.
Sojabone:
- Die Amerikaanse sojaboonmark het ook laer verhandel ná 'n rondte tegniese verkope as gevolg van oorvloei-swakheid van ander kommoditeite en inflasionêre vrese. Verliese is gedemp deur kommer oor die kwaliteit van die Amerikaanse oes.
- Sojaboon-stroopvordering is op 8% voltooi, heelwat onder die vyf-jaar gemiddeld van 13% en ook agter die vorige seisoen se pas van 15%.
- Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het in kontras met Maandag se sessie gemeng gesluit. Beide winste en verliese was maar marginaal. Die grootste wins was 0,6% en die grootste verlies 0,4%.
- Die sojaboon Oktober ’22-kontrak het R5/ton swakker verhandel teen R9 240/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het R52/ton hoër verhandel teen R9 430/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R8 700/ton, R10/ton laer, verhandel.
Koring:
- Die Amerikaanse koringmark het ook negatiewe marksentiment gehad ná 'n rondte tegniese verkope, aangespoor deur binnelandse en oorsese ekonomiese vrese wat die vraag negatief sal beïnvloed en ook 'n sterker dollar. Pryse het gemiddeld tussen 1,75% en 2% verloor.
- Die volgende winterkoringaanplantings het begin en is 31% voltooi, 1% bo die vyf-jaar gemiddeld maar 1% laer as die vorige jaar. Lentekoring geoes, is 96% voltooi in vergelyking met die vyf-jaar gemiddeld van 97%. In die vorige seisoen is die lentekoringoes reeds afgehandel, deels weens 'n swakker oes. Rusland verwag om van Augustus tot September koringuitvoer met 23% te verhoog.
- Plaaslik: Koringpryse het geen beduidende bewegings gemaak nie in Dinsdag se verhandelingsessie, ondanks ‘n swakker Amerikaanse mark.
- Die koring Oktober '22-kontrak het teen R7 006/ton verhandel. Die koring Desember ’22-kontrak het teen R7 065/ton verhandel, R7/ton sterker.