Agriculture
Mark ervaar afwaartse druk tydens sesde wolveiling─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 07 Oct 2022
Die sesde wolveiling van die 2022/23-seisoen het ‘n klein aanbod van net minder as 4 580 gesien, met 90,65% van die wol wat op die veiling verkoop is.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,2% vir nie-RWS en 1,4% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R156,27/kg en R165,90/kg, onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 1 490 bale aangebied, waarvan 91,5% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R198,10/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot BH van 17.0 mikron, uit die skeersel van Oakdene Farms, vanuit die Cathcart-distrik.
“Die koper was Lempriere SA,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
