On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Wolmark presteer goed te midde van uitdagings

───   05:30 Fri, 14 Oct 2022

Wolmark presteer goed te midde van uitdagings | News Article
PHOTO: NAMPO 2014.

Vandeesweek se wolveiling het goed presteer ten spyte van ‘n uitdagende logistieke en handelsomgewing weens die Transnet-staking.

Byna 95% van die 6 671 bale is gedurende die veiling verkoop. 

Sien onderstaande PODCAST

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,9% vir nie-RWS en 3,7% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R160,87/kg en R172,00/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 2 001 bale aangebied, waarvan 98,3% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R195,90/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BBH van 17.1 mikron, uit die skeersel van RN Lucas, vanuit die Tarkastad-distrik.

“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.