On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ekonoom spreek kommer oor Transnet-staking uit

───   ELSABÉ RICHARD 17:12 Mon, 17 Oct 2022

Landbounuus-podcast: Ekonoom spreek kommer oor Transnet-staking uit | News Article
FOTO: Satawu- South African Transport & Allied Workers ' Union/Facebook.

Kommer is uitgespreek oor die impak wat die Transnet-staking op die Suid-Afrikaanse ekonomie kan hê.

'n Ekonoom, Dawie Roodt, sê die staking kan moontlik, indien dit vir ‘n lang tydperk voortduur, die land in ‘n ressessie dompel. Roodt sê selfs al gaan die land nie in ‘n amptelike of tegniese ressessie in nie, gaan dit steeds ‘n baie groot impak op die ekonomie hê. Roodt is ook bekommerd oor beleggings.

Intussen het Transnet hoof uitvoerende beampte, Portia Derby, by Agri SA se jaarkongres gesê dat die staatsbeheerde maatskappy, saam met die landboubedryf, daaraan wil werk om landelike misdaad te bekamp aangesien die maatskappy én die sektor onder voortslepende misdaad gebuk gaan. Derby meld hulle het reeds vergaderings met die landboubedryf gehad oor 'n polisiëringstrategie vir landelike veiligheid. Sy sê daar is 'n sterk oorvleueling tussen misdaadgebiede. Transnet het deur die jare tonne koperkabels weens diefstal verloor.

EN

Die kanse dat reën in die komende weke in ‘n baie stormagtige vorm kan voorkom met sterk winde en donderweer, is groot. Onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, verduidelik dat La Niña en die Indiese Osean in redelike gunstige fases is vir gemiddelde tot bogemiddelde reën oor groot dele van die land. Hy beklemtoon dat veral die tweede helfte van November sowel as Desember en Januarie redelik nat kan wees. Die risiko vir veldbrande bly egter steeds hoog omdat weerlig en baie sterk winde kan voorkom.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.