On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 21 Oct 2022

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard-May lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...

President Cyril Ramaphosa het tydens Agri SA se nasionale jaarkongress die regering se onwrikbare steun aan die landbousektor bevestig, en het belowe dat die regering alles in sy vermoë sal doen om die sektor se volhoubaarheid en groei te verseker. Ramaphosa het ook beklemtoon dat dit belangrik is om plaaslike waardekettings te versterk sodat lokalisering tot meer sakegeleenthede sal lei, wat tot die land se ekonomie sal bydra. Die president kon nie die kongres bywoon nie en het die Minister van Landbou, Thoko Didiza, wat teenwoordig was, gevra om sy boodskap aan die kongres oor te dra.

Transnet se hoof uitvoerende beampte, Portia Derby, het intussen by Agri SA se jaarkongres gesê dat die staatsbeheerde maatskappy, saam met die landboubedryf, daaraan wil werk om landelike misdaad te bekamp aangesien die maatskappy én die sektor onder voortslepende misdaad gebuk gaan. Derby meld hulle het reeds vergaderings met die landboubedryf gehad oor 'n polisiëringstrategie vir landelike veiligheid. Sy sê daar is 'n sterk oorvleueling tussen misdaadgebiede. Transnet het deur die jare tonne koperkabels weens diefstal verloor.

'n Ooreenkoms, wat tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië onderteken is, baan die weg dat Suid-Afrikaanse beesvleis vanaf 2023 na dié land uitgevoer kan word. OFM-nuus se Heidrè Malgas berig die ooreenkoms is aangekondig ná 'n amptelike besoek aan Saoedi-Arabië deur onder meer President Cyril Ramaphosa en die Minister van Landbou, Thoko Didiza, as deel van 'n beleggingsveldtog.

EN

Die kanse dat reën in die komende weke in ‘n baie stormagtige vorm kan voorkom met sterk winde en donderweer, is groot. Onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, verduidelik dat La Niña en die Indiese Osean in redelike gunstige fases is vir gemiddelde tot bogemiddelde reën oor groot dele van die land. Hy beklemtoon dat veral die tweede helfte van November sowel as Desember en Januarie redelik nat kan wees. Die risiko vir veldbrande bly egter steeds hoog omdat weerlig en baie sterk winde kan voorkom.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.