On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landboukwessies onder Minister se aandag gebring

───   ELSABÉ RICHARD 14:12 Mon, 24 Oct 2022

Landbounuus-podcast:  Landboukwessies onder Minister se aandag gebring | News Article
Minister van Landbou, Thoko Didiza/Facebook: NC Agriculture, Environmental Affairs, Rural Development and Land Reform

Verskeie landboukwessies is onder die aandag van die Minister van Landbou, Thoko Didiza, gebring toe sy 'n presidensiële imbizo in Upington in die Noord-Kaap bygewoon het.

Didiza het met onder meer boere en tradisionele leiers vergader om van die uitdagings wat hulle in die gesig staar, op te los. Didiza sê kwessies wat geopper is sluit in dat sommige inwoners grond ontvang het van die regering wat minerale bevat, en dat hulle permitte ontvang het, maar nog nie ingelig is hoe om daardie permitte te benut nie. Die Noord-Kaapse LUR van Landbou, Mase Manopole, het as vertaler vir die minister opgetree en die gemeenskap toegespreek. Die minister het ook bygevoeg dat sy die Departement van Indiensneming sal nader om die kwessie rondom die indiensneming van seisoenale werkers op te los.


Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ’n optog ter veroordeling van plaasmoorde ondersteun wat in Roedtan in Limpopo deur die distrikslandbou-unie in Potgietersrus gehou is. Die optog val saam met die beskuldigdes se hofverskyning. Hulle staan tereg op aanklagte van moord op die boer Nicky Janse van Rensburg, asook huisroof, in die rondgaande hof in Roedtan. Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, het die voorval veroordeel en beklemtoon dat plaasmoorde moet stop.


EN


Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku inwoners in dele van die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap van swaar donderstorms wat voorspel is vir sentraal Suid-Afrika. Die weerdiens waarsku dat oorstromings van paaie, laagliggende gebiede en brûe plaaslik kan voorkom. Daarmee saam moet inwoners ook kennis neem dat die swaar reën skade aan infrastruktuur, informele nedersettings, eiendomme, voertuie, sowel as verliese aan landbougewasse kan veroorsaak.




OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.