On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:55 Tue, 25 Oct 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 0,03% gestyg.
  • In die huidige internasionale klimaat vorder die Noordelike Halfrond met die oesproses vir die 2022-mielie-oes. Toestande is oor die algemeen gunstig. 
  • Dele van die Europese Unie sowel as die sentrale VSA ervaar egter droogtetoestande. Terwyl oeste in die Noordelike Halfrond vorder, het die Suidelike Halfrond begin met die aanplant van die volgende seisoen se mielie-oes.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Maandag met gemengde tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Oktober 2022, R5/ton (+ 0,10%) geklim om teen R5 260/ton te sluit. 
  • Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2022, R19/ton (+ 0,37%) hoër verhandel om teen R5 125/ton te sluit. Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R18/ton (+ 0,60%) geklim om teen R5 200/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R13/ton (+ 0,25%) hoër verhandel om teen R5 190/ton te sluit.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Maandagoggend met 0,29% gestyg.
  • Weerstoestande in Brasilië en Argentinië sal krities wees vir sojaboonaanplantings vir twee van die belangrikste uitvoerlande.
  • Argentynse sojaboon persgetalle het in September met 9% getuimel. Die daling in boonverwerking was meestal te wyte aan die laer beskikbaarheid van sojabone wat na binnelandse perse gestuur word, dit is omdat Argentinië ten minste 5,5 miljoen ton bone eerder aan die uitvoermark verkoop het, en sodoende die beskikbaarheid vir perse beperk het.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maanagoggend met effense afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2022 met R18/ton (+ 0,17%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R10 480/ton. Die sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022, R35/ton (- 0,33%) laer verhandel om teen R10 525/ton te sluit.
  • Nog 'n uitvoerbesending sojabone (ongeveer 35 000 ton) word tans na Maleisië verskeep.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend 0,16% hoër verhandel.
  • Te midde van die onsekerheid van die uitvoer van graan uit die Swartsee as gevolg van verhoogde konflik tussen Rusland en die Oekraïne, het Turkye berig dat daar geen struikelblokke is om die veilige verskepingskorridor uit te brei nie. Turkye is die bemiddelaar vir die uitvoeronderhandelinge.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel.
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2022 met R21/ton (- 0,28%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 360/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R11/ton (- 0,15%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 372/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.