Agriculture
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 28 Oct 2022
Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard-May lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit.
Sien onderstaande PODCAST
Die nasionale Departement van Landbou koördineer verbintenisse tussen, onder meer, Landbou-organisasies en Agribesighede in 'n poging om 'n wetgewende voorsiening te skep vir nie-regeringsorganisasies om padrehabilitasiedienste in vennootskap met landelike munisipaliteite te lewer. OFM-nuus se Bambatha Giko berig dit is deur die departement bekend gemaak na aanleiding van 'n vraag deur die DA se Noko Masipa oor watter stappe hy gedoen het om die probleme met betrekking tot die instandhouding van padinfrastruktuur met ander ministers aan te spreek. Die departement sê verder hy koördineer 'n proses met die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake en die Landboubesigheidskamer om paaie te identifiseer wat binne hierdie kategorie val, en om 'n wetgewende raamwerk vir private boere in vennootskap met plaaslike munisipaliteite te skep om padherstel en instandhouding te onderneem.
Verskeie landboukwessies is onder die aandag van die Minister van Landbou, Thoko Didiza, gebring toe sy 'n presidensiële imbizo in Upington in die Noord-Kaap bygewoon het. Didiza het met onder meer boere en tradisionele leiers vergader om van die uitdagings wat hulle in die gesig staar, op te los. Didiza sê kwessies wat geopper is sluit in dat sommige inwoners grond ontvang het van die regering wat minerale bevat, en dat hulle permitte ontvang het, maar nog nie ingelig is hoe om daardie permitte te benut nie. Die Noord-Kaapse LUR van Landbou, Mase Manopole, het as vertaler vir die minister opgetree en die gemeenskap toegespreek. Die minister het ook bygevoeg dat sy die Departement van Indiensneming sal nader om die kwessie rondom die indiensneming van seisoenale werkers op te los.
EN
Suid-Afrikaanse beesvleisprodusente sal nou geweldig baat vind by 'n ooreenkoms wat Suid-Afrika met Saoedi-Arabië gesluit het om beesvleis uit te voer na dié land. Louw van Reenen, die hoof uitvoerende beampte van die Beefmaster-groep, sê hulle verwag dat Saoedi-Arabië tot 1 000 ton beesvleis per jaar sal bestel. Hy sê hierdie ooreenkoms sal dan een van die grootste beesvleisuitvoermarkte tot nog toe vir Suid-Afrika wees.
