On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri Noord-Kaap hoop polisie opleidingsfondse word reg toegepas

───   ELSABÉ RICHARD 15:44 Thu, 27 Oct 2022

Landbounuus-podcast:  Agri Noord-Kaap hoop polisie opleidingsfondse word reg toegepas | News Article
Agri Noord-Kaap President, Nicol Jansen.

Agri Noord-Kaap hoop dat die geld wat deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, tydens die mediumtermyn-begroting bewillig is om meer polisiebeamptes op te lei, behoorlik aangewend sal word.

Die organisasie se president, Nicol Jansen, sê beveiliging in die platteland is 'n uitdaging aangesien sommige polisiestasies nie meer 24uur 'n dag oop is nie. Godongwana het die begroting Woensdag ter tafel gelê. Jansen deel verder dat dit positief is dat daar nou aansienlik meer belastinginkomste ingevorder is.


Die huidige hoë mieliepryse druk die speenkalfpryse geweldig af. 'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê dit het 'n negatiewe effek op pryse vir speenkalwers, wat gewoonlik hierdie tyd van die jaar goed is. Hy voeg verder by dat die informele mark vir skape nou 'n baie groot deel van die skaapmark word, wat pryse weer opstoot. Derksen verskaf die veilingspryse vir lewendehawe.

EN

Meer as 100 jeugdiges van Sasolburg, Deneysville en Oranjeville in die Vrystaat het deel gevorm van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit se eerste Jeug in Landbou-funksie wat in Deneysville gehou is. Die munisipaliteit se kommunikasiebestuurder, Gino Alberts, sê hulle is opgewonde oor hierdie initiatief en beplan om jeugdiges jaarliks aan verskeie landboubedrywe bloot te stel.





OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.