On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Internasionale handelsomstandighede beïnvloed Suid-Afrikaanse wolmark

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 04 Nov 2022

Internasionale handelsomstandighede beïnvloed Suid-Afrikaanse wolmark | News Article
FOTO: OVK/Facebook.

Net meer as 90% van die 6 950 bale wat by die 10de veiling van die 2022/23-wolseisoen aangebied is, is verkoop.

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,8% vir nie-RWS en 2,9% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R161,46/kg en R172,36/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 2 133 bale aangebied, waarvan 94,6% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R210,10/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BFH van 16.2 mikron, uit die skeersel van Omega Farming, vanuit die Burgersdorp-distrik.

“Die koper was Tianyu SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Volgens Cape Wools SA het die oorgrote meerderheid van die aanbod uit fynwol bestaan met 62% van die Merino-aanbod wat volhoubaar geproduseer is.

Daarmee saam het die Rand ietwat swakker vertoon teenoor die VSA dollar te midde van skommelinge deur die loop van die dag. Moeilike internasionale handelsomstandighede het Suid-Afrika en Australië negatief beïnvloed.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 9 November waar sowat 9 543 bale aangebied sal word.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.