On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 11 Nov 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend met 0,45% gedaal.
  • Die WASDE-verslag is Woensdagaand vrygestel. Novembermaand se 2022/23 globale mielievooruitsigte het produksie sowel as globale eindvoorraad verlaag. Die Amerikaanse vooruitsigte is vir hoër produksie, groter voer en residuele gebruik, en groter eindvoorrade.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Donderdag met gemengde tendense verhandel vir wit- én geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in November 2022, R232/ton (+ 4,40%) geklim om teen R5 500/ton te sluit. 
  • Die geelmieliemark het vir lewering in November 2022, R61/ton (1,21%) hoër verhandel om teen R5 087/ton te sluit. Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R150/ton (+ 2,86%) geklim om teen R5 392/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R50/ton (+0,99%) hoër verhandel om teen R5 115/ton te sluit.
  • Produsentelewerings vir bemarkingsweek 27 het 'n totaal van 43 570 ton beloop. Hiervan was 26 100 ton witmielies en 17 470 ton geel mielies. Vir witmielies is 93% van die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se skatting gelewer, en 88% van die geelmielieskatting. Die witmielie-gradering is 73,05% WM1'2; 22,36% WM2's en 4,53%% WM3's.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Donderdagoggend met 1,08% gestyg.
  • Wêreldwye sojaboonproduksie het met 0,5 miljoen ton afgeneem tot 390,5 miljoen, hoofsaaklik weens laer produksie vir Argentinië. Die area wat vir Argentinië gestroop is, is verminder as gevolg van binnelandse skattings. Die Amerikaanse sojaboonvooruitsigte vir 2022/23 is vir verhoogde produksie, verplettering en eindvoorraad.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdagoggend met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2022 met R30/ton (+ 0,28%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R10 800/ton. Die sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022, R7/ton (+ 0,06%) hoër verhandel om teen R10 800/ton te sluit.
  • Produsentelewerings vir bemarkingsweek 36 het 'n totaal van 1 224 ton beloop, 97,31% van die totale geskatte oes is gelewer.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend 2,56% laer verhandel.
  • Die globale koringvooruitsigte vir 2022/23 is vir verhoogde voorrade, verbruik, handel en eindvoorraad. Voorrade word geprojekteer op 1,3 miljoen ton tot 1,059 miljard ton, gebaseer op toenames in beginvoorraad en produksie. 
  • Wêreldproduksie word met 1,0 miljoen ton verhoog tot 782,7 miljoen, op grond van groter produksie in Australië, Kazakstan en die VK wat die afnames in Argentinië en die EU dek. 
  • Die vooruitsigte vir 2022/23 Amerikaanse koring hierdie maand is vir stabiele voorrade, verhoogde binnelandse gebruik, onveranderde uitvoer en effens laer eindvoorrade.
  •  Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in November 2022 onveranderd verhandel om uiteindelik te sluit op R6 986/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R40/ton (- 0,57%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 960/ton.
  • Produsentelewerings vir bemarkingsweek 5 het 'n totaal van 212 083 ton beloop. Die grootste deel van die produsente se aflewerings begin van middel November tot einde Desember, wat 'n groot invloei van voorraad na die plaaslike mark bring.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.