On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Tekort aan entstowwe kan tot krisis in lewendehawebedryf lei

───   ELSABÉ RICHARD 14:20 Tue, 15 Nov 2022

Landbounuus-podcast: Tekort aan entstowwe kan tot krisis in lewendehawebedryf lei | News Article

'n Tekort aan entstowwe teen Slenkdalkoors, Bloutong en Perdesiekte kan lei tot 'n krisis in die lewendehawe-produksiebedryf.

Vrystaat Landbou president, Francois Wilken, sê die landbousektor sukkel toenemend om betyds toegang tot genoegsame entstowwe te verkry.

Meer as 70 000 Suid-Afrikaners het 'n petisie onderteken om Amerikaanse veghonde as troeteldiere te laat verbied. Die klagskrif is deur die Sizwe Kupelo-stigting begin ná verskeie aanvalle op mense, onder wie kinders. 

Drie Noord-Kaapse veeplase is suksesvolle grondhervormingsplase. Twee is in die distrik De Aar geleë, terwyl een by Kuruman geleë. OFM-nuus se Heidre Malgas berig Noko Masipa van die EFF wou by die Minister van Landbou, Thoko Didiza, weet watter plase en watter soort boerderybedrywighede die suksesvolle sowel as onsuksesvolle grondhervormingsprojekte in die Noord-Kaap is, asook die redes vir hul sukses.

EN 

Ten spyte van nat veldtoestande in dele van die Noord-Kaap, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens 'n waarskuwing vir gunstige veldbrandtoestande in Gordonia en dele van die Kalahari uitgereik. Die weerdiens sê toestande is van so 'n aard dat die brandgevaar-indeks bo 75 is. Onder hierdie toestande kan veldbrande ontwikkel en vinnig versprei, wat skade tot gevolg kan hê aan eiendom en verlies van mense- en/of dierelewens.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.