Agriculture
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 18 Nov 2022
Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard-May lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit.
Sien onderstaande PODCAST
Kommer heers dat die optimale planttyd vir gewasse uitloop weens die voortdurende swaar reën oor dele van die Vrystaat. ’n Boer in die Bethlehem-omgewing, Hugo van Doornick, sê dat ryp vroeg in April ook ’n groot bekommernis is, indien boere later vandeesmaand plant. Hy sê sommige van die boere wat voor die reën kon plant, ly nou versuipskade.
'n Tekort aan entstowwe teen Slenkdalkoors, Bloutong en Perdesiekte kan lei tot 'n krisis in die lewendehawe-produksiebedryf. Vrystaat Landbou president, Francois Wilken, sê die landbousektor sukkel toenemend om betyds toegang tot genoegsame entstowwe te verkry.
Die vlakke van die Vaal- en Oranjerivier kan in die volgende week skerp styg weens swaar reën die afgelope week. Wat temperature betref, sê Van den Berg, sentraal Suid-Afrikaners moet nog nie alle baadjies wegpak nie.
’n Onafhanklike kontrakteur is deur die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer aangestel om die R30-pad tussen Allanridge en Bothaville reg te maak. Vrystaat Landbou se Jack Armour sê die departement sal na verwagting met boere en gemeenskapslede vergader aangesien die slegte toestand van dié pad 'n hindernis vir boere se produksie is.
EN
Groot omstredenheid heers in Namibië se wildbedryf. OFM-nuus se Pieter Moller berig aktiviste teen trofeejag wil maatreëls laat instel wat dit onwettig maak om sulke versamelaarsitems landuit te neem.
