On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 18 Nov 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliepryse het gemiddeld sowat 0,25% gedaal, hoofsaaklik as gevolg van oorspoelswakheid vanaf ander kommoditeite. 'n Groot verkooptransaksie aan Mexiko het verliese geminimaliseer. Etanolproduksie het 'n matige afname beleef, maar daaglikse gemiddeldes bly bo die 1 miljoen vate per dag merk.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemarkpryse het goed gevaar. Beide wit- en geelmieliepryse het matige stygings gesien, met witmielies wat beter gevaar het. Pryse is ondersteun deur 'n swakker wisselkoers. Op die 11de November het witmielie-uitvoer met 41% gestyg vir die jaar terwyl geelmielie-uitvoer met 7% afgeneem het. Totale mielie-uitvoer het jaarliks met 1% afgeneem van 2 122 026 ton in 2021 na 2 103 373 ton in 2022.
  • Die witmieliekontrak het vir November R110/ton sterker verhandel vir die dag om teen R5 281/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Desember het R125/ton sterker verhandel teen R5 292/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir November 2022 het verhandel teen R5 000/ton, R61/ton sterker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Desember het teen R5 033/ton verhandel, R62/ton swakker.

Sojabone:

  • Die VSA sojaboonmark het die swakste vertoning van die grane gehad met pryse wat met 1,75% gedaal het nadat gunstige Brasiliaanse weervoorspellings en oorvloei-swakheid van soja-olie 'n ronde van tegniese verkope veroorsaak het.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het gemeng verhandel, maar meestal negatief. Die plaaslike mark volg die Amerikaanse mark laer ná goeie reën in Brasilië.
  • Die sojaboon November ’22-kontrak het R137/ton swakker verhandel teen R10 035/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het R45/ton sterker verhandel teen R10 230/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R8 830/ton, R10/ton laer, verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmark het matige verliese in die gesig gestaar te midde van groeiende optimisme dat die huidige Swartsee-ooreenkoms verleng sal word, wat Woensdag 'n mate van tegniese verkope aangespoor het. Voorspellings dui daarop dat die Swartsee-veilige deurgangsooreenkoms met nog 120 dae verleng sal word.
  • Egipte, een van die wêreld se voorste koringinvoerders, het 'n aankoop van koring gedoen deur private uitvoerders wat waarskynlik van Rusland verkry sal word. China het nog 'n veiling van koring in staatsbesit aangekondig om plaaslike voorrade aan te vul en plaaslike pryse te verlig.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het die Amerikaanse mark laer gevolg. Pryse is verder onder druk geplaas as gevolg van oorspoel swakheid vanaf sojabone. Die koringmark het min wisselvalligheid getoon. Pryse het tussen 0,15% en 0,6% gedaal.
  • Die koring November ’22-kontrak het teen R6 735/ton verhandel, R36/ton laer. Die koring Desember ’22-kontrak het teen R6 780/ton verhandel, R38/ton laer.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.