Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 23 Nov 2022
FOTO: Photoxpress.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 1,23% gedaal.
- Wisselvalligheid in die brent-ruoliemarkte het na die graanmarkte oorgespoel. Op die kort termyn ondersteun globale vraag en aanbodpryse verhoogde prysvlakke.
- Die plaaslike Safex-mieliekontrakte het Dinsdag met effense afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in November 2022, R60/ton (-1,12%) gedaal om teen R5 320/ton te sluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in November 2022, R70/ton (-1,37%) laer verhandel om teen R5 058/ton te sluit. Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R63/ton (-1,17%) gedaal om teen R5 330/ton te sluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R67/ton (-1,30%) laer verhandel om teen R5 078/ton te sluit.
- Mielieprodusente is goed op dreef met die plantproses, met sommige aanplantings wat deur oortollige reën vertraag word.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Dinsdagoggend met 0,60% gestyg.
- Toenemende Covid-19-gevalle, tesame met inperkings in China, hou 'n bedreiging in vir die wêreldwye invoer van sojabone. Op die kort termyn word prysdruk verwag, aangesien daar vrae bly oor die Chinese vraag met die toename in Covid-19-gevalle.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdagoggend met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2022 met R2/ton (- ,02%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R10 350/ton.
- Die sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022, R20/ton (-0,19%) laer verhandel om teen R10 360/ton te sluit.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend 0,50% laer verhandel.
- 'Bargain buying' ondersteun markpryse op die kort termyn. Praatjies oor verkope van Franse koring aan China en van moontlike verkope van Noord-Europese koring aan die Verenigde State het onderstreep hoe Amerikaanse koring wêreldwyd onmededingend bly.
- Gesprekke oor koringvragte uit Poland, wat na die VSA verskeep word, neem toe. Op die langer termyn sal 'n resessie belangrik wees vir prysrigting.
- Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag met effense opwaartse tendense verhandel. Die November 2022 koringkontrak het met R24/ton (+0,36%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 760/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R20/ton (+0,30%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 788/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
