On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 25 Nov 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend met 1,01% gestyg.
  • Dit lyk of die Mexikaanse president sy standpunt oor GMO-mielie-invoer wil versag, en dus kan die beplande GMO-mielie-invoerverbod ook moontlik verslap.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Donderdag met effense afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. 
  • Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R15/ton (-0,28%) gedaal om teen R5 295/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R13/ton (-0,26%) laer verhandel om teen R5 030/ton te sluit. 
  • Die witmieliemark het, vir lewering in Maart 2022, R24/ton (-0,45%) gedaal om teen R5 275/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Maart 2022, R16/ton (-0,32%) laer verhandel om teen R5 061/ton te sluit.
  • Vir die week geëindig 18 November is 'n totaal van 37 846 ton mielies gelewer. Daarvan was 24 049 ton witmielies en 13 797 ton geel mielies. Tot op hede is 93% van die geskatte witmielie-oes gelewer, met 73% van die oes wat WM1’s en 22% WM2's is. Vir geelmielies is 89% van die geskatte oes gelewer.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Donderdagoggend met 0,45% gestyg.
  • Die Argentynse regering oorweeg nog 'n geldeenheidsdevaluasie in Desember om nog 'n rondte van sojaboonverkope aan te spoor. Argentinië het 72,6% van sy 2021/22-soja-oes verkoop.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdagoggend met afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022 met R79/ton (- 0.76%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R10 290/ton. Die sojaboonmark het vir lewering in Maart 2022, R84/ton (- 0.82%) laer verhandel om teen R10 150/ton te sluit.
  • Vir die week geëindig 18 November is 'n totaal van 876 ton sojabone gelewer, wat die seisoentotaal op 2 146 331 ton te staan bring. Van die geraamde 2 201 000 ton is 97,52% gelewer.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend 0,25% hoër verhandel.
  • Amerikaanse koring is tans baie duur op die wêreldmark en Europese voorrade word teen 'n afslag op binnelandse pryse aangebied.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met effense afwaartse tendense verhandel. Die Desember 2022-koringkontrak het met R29/ton (-0,43%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 709/ton. Die Maart 2022 koringkontrak het met R36/ton (-0,53%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 842/ton.
  • Vir die week geëindig 18 November is 'n totaal van 229 058 ton koring gelewer, wat die seisoentotaal op 816 481 ton te staan bring. Van die geraamde 2 218 775 ton is 36,8% gelewer.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.