On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 09 Dec 2022

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf.

Sien onderstaande PODCAST

Die saak teen twee verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op sewe mense op die plaas Lismore in die Vrystaat, sal op 22 Februarie in die die Rondgaande Hooggeregshof aangehoor word. Polisiewoordvoerder, Mmako Mphiring, sê aan OFM-nuus Kamo-helo Motan-kisi en Lerato Selepe het in die Kestell-landdroshof verskyn waar die moordsaak uitgestel is. Die twee verdagtes is aangekeer ná die ontdekking van die liggame van ses vroue en een jong man deur die plaaseienaar, Alheit Smith, op 15 Julie vanjaar. Die verdagtes bly in aanhouding

Suid-Afrika het die afgelope maande die gevolge van die La Niña-verskynsel, wat baie reën veroorsaak, ervaar. Die onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, sê weervooruitsigte toon dat Sentraal-Suid-Afrika in die volgende twee weke nóg reën kan verwag. Van den Berg waarsku dat met die reën wat oor die Oos-Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng, wat grotendeels die opvangsgebied van die Vaaldam en –rivier is, verwag word, is daar wéér ’n kans dat vloede veral in die Benede-Oranjerivier in die volgende twee weke kan voorkom.

Die Noord-Kaapse Departement van Landbou het amptelik die mielieplantseisoen by Pampierstad van stapel gestuur. Die departement, vergesel deur voorsitter van die Saam Trek, Saam Werk landbou-organisasie, het R1,5 miljoen aan vyf opkomende boere, bestaande uit drie mans en twee vroue, geskenk vir die plant van 50 hektaar mielies. Die department se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê dié mielies gaan aan die provinisiale noodvoerbank vir droogte en ander boerderyverwante rampe aangewend word.

EN

Die onwettige gebruik en bestuur van water is deesdae baie in die nuus. Daar is streng wetgewing wat die gebruik van water reguleer. Die Universiteit van die Vrystaat se Professor Frikkie Maré sê dit gaan dus oor die vloei van water en die bou van gronddamme wat sekere deurvloei beperk. Maré sê produsente moet hulle vergewis met die wetgewing van toepassing en moet op ‘n wettige wyse aansoek doen vir die bou van goedgekeurde damme.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.