Agriculture
Landbounuus-podcast: Duur braaiseisoen staar verbruikers in die gesig─── ELSABÉ RICHARD 14:13 Thu, 15 Dec 2022
'n Duur braaiseisoen staar verbruikers in die gesig soos ons die Desember-feestyd betree.
Landbou-ekonoom by FNB, Paul Makube, sê vleisinflasie is op die hoogste vlak vir hierdie tydperk sedert November 2017, toe dit 14,9% op 'n jaargrondslag bereik het. Hy sê 'n kombinasie van faktore ondersteun die huidige sterk vleispryse. Dit sluit in verminderde invoer van hoender te midde van hoër pryse, en die verbasend veerkragtige verbruikersvraag ondanks moeilike ekonomiese toestande wat die verbruiker se finansiële welstand onder druk plaas.
Pogings om sprinkane in die Noord-Kaap te bestry, duur voort. Dit is volgens die nasionale departement se woordvoerder, Reggie Ncgobo, in reaksie op die DA se versoek aan die provinsiale landboudepartement om betrokkenheid van belanghebbendes te verbreed om verdere sprinkaan-uitbrekings in die provinsie beter te kan beheer. Die party se Reinette Liebenberg sê die voorkoms van sprinkane wat in die Carnarvon- en Vosburg-omgewings waargeneem word, noodsaak 'n holistiese benadering. Ncgobo sê egter alle relevante belanghebbendes is geraadpleeg sedert die eerste uitbreking vroeër vanjaar.
EN
EN... 'n Sentraal-Suid-Afrikaner is die wenner in die afdeling van tegniese artikels van ‘n onlangse kompetisie deur Farming Portal vir jong landbouskrywers, aangewys. Die paneel beoordelaars het Rachel du Preez, ‘n agronoom van NWK in Lichtenburg, as wenner in dié afdeling gekies. Die doel van die kompetisie is om akkurate en positiewe inligting oor te dra. Du Preez vertel van haar agtergrond en grootword-jare op ‘n plaas in die Vrystaat. Du Preez gee ook ‘n oorsig van die belangrikheid van landboukundiges in die sektor.
OFM-nuus
