Agriculture
OVK sluit 2022 op hoogtepunt af─── 11:52 Mon, 19 Dec 2022
Sponsored11:52 Mon, 19 Dec 2022
In 2022, het die OVK ’n baie goeie jaar beleef. Yolanda Maartens gesels met Stéfan Oberholzer, besturende direkteur, om meer te leer.
Hy meld dat OVK se diversifikasie, beide geografies en volgens hul verskillende divisies, bygedra het tot dié landboumaatskappy se stabiliteit, ongeag die vele uitdagings wat produsente daagliks ervaar.
“Sonder ons produsente het OVK geen bestaansreg nie. In kort, OVK is ’n boerebesigheid in boerebesit moet ’n boeredireksie, en ons koester dit!”
Hoewel sommige OVK as bloot die “koöperasie op die dorp” beskou, het die omvang van die besigheid die afgelope jaar meer as R11 miljard beloop.
“Ons het ’n eie kapitaal van meer as R1,6 miljard en totale bates van meer as R4 miljard. Ons is kerngesond,” verduidelik Oberholzer.
Hy vertel verder dat ’n landboubesigheid se primêre rol moet wees om produsente in staat te stel om te kan produseer deur middel van “bekostigbare finansiering en om produkte by takke op die platteland beskikbaar te hê teen mededingende pryse asook om produsente se produkte te koop”.

Oberholzer deel ook ’n Kersboodskap: “Dankie aan almal se ondersteuning van OVK en ’n baie geseënde Christusfees vol liefde, vreugde en alles wat mooi is vir 2023. En onthou, OVK se slagspreuk lees ‘Saam bereik ons meer’ ”.


