Agriculture
Wolmark presteer goed tydens eerste veiling van 2023─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 13 Jan 2023
Die 2022/23-wolseisoen is vandeesweek voortgesit ná afloop van die Kersreses met 'n aanbieding van byna 9 000 bale.
Sien onderstaande PODCAST
Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 9,3% vir nie-RWS en 11% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en onderskeidelik teen 'n skoonprys van R165,67/kg en R175,15/kg gesluit.
“Op die OVK-veiling is 2 194 bale aangebied, waarvan 96,6% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R167/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot CMY van 16.4 mikron, uit die skeersel van Lamb Fab Pty Ltd, vanuit die Burgersdorp-distrik.
“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 18 Januarie geskeduleer, waar meer as ±15 356 bale aangebied sal word.
