On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Beurtkrag noop besproeiingsprodusente om Eskom van risiko’s in te lig - KYK

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Tue, 17 Jan 2023

Beurtkrag noop besproeiingsprodusente om Eskom van risiko’s in te lig - KYK | News Article
FOTO: By Timhall - Own work, CC BY-SA 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=9809139

Die implementering van beurtkrag op ‘n onreëlmatige wyse het ‘n groep Noord-Kaapse besproeiingsprodusente genoop om ‘n video vry te stel.

In dié beeldmateriaal word Eskom-leiers en Suid-Afrikaners ingelig van die moontlike risiko’s vir oeste onder besproeiing. 

In ‘n mediaverklaring vra die groep produsente dat die kragverskaffer, tesame met die betrokke regeringsdepartemente én landbouers, saam moet kyk na moontlike oplossings vir hoe beurtkrag toegepas kan word sodat oeste onder besproeiing nie tot niet gaan nie.

‘n Produsent in die Douglas-omgewing, Jaco Cilliers, vertel dat produsente en hul werkers addisionele ure moet werk omdat krag enige tyd van die dag óf nag aan en af geskakel word.

“Die beurtkrag het ‘n geweldige invloed op die boere en hulle werkers in die Noord-Kaap en in omliggende gebiede op die oomblik… Die mense en boere is oorweldig oorwerk.

“Omdat dit ‘n lae reënval area is, kan ons nie regtig op reën staatmaak om die oeste [nat te maak nie]. So, ons is 100% van besproeiing en Eskom afhanklik.”

 

Cilliers vertel dat dit met die huidige beurtkrag moeilik is om die regte hoeveelheid water te besproei. “Jy kan dit duidelik sien, veral met die hittegolf wat ons die laaste week beleef het, dat die gewasse verskriklik sukkel… Die vogverlies is dramaties [laag].”

Hy is egter hoopvol dat reënbuie in die komende week oor die Noord-Kaapse besproeiingsareas sal val ná hierdie week se uiterse hoë temperature.

Cilliers waarsku verder dat indien beurtkrag soos die laaste tyd voortduur óf vererger, kan besproeiingsboere in die omgewing oesverliese van 50% tot 60% ly.

LEES OOK: Agri SA hoop vir oplossings tydens vergadering met #Eskom

“Die meeste boere is al besig om te kyk na sonstelsels en sonplase.

“Die probleem wat ons het, is ons het nog steeds vir Eskom nodig vir in die aande wanneer die son nie skyn nie, want ongelukkig is nie een van die besproeiingstelsels só ontwerp dat hulle genoeg krag kan opwek deur die dag en water gee vir die gewasse wat op die lande staan nie,” verduidelik Cilliers.

Hy sê diesel is ‘n moontlike opsie, maar met die hoë brandstofpryse is dit meer as drie keer duurder as wat die prys vir elektrisiteit is.

“[Ons] het 30% tot 40% minder krag as wat [ons] normaalweg sou hê as gevolg van beurtkrag, maar kragrekeninge is op met 40% of meer. 

“Ruraflex kan nie meer benut word waarvoor dit daar is nie, omdat spilpunte aangeskakel moet word wanneer daar ook al krag beskikbaar is, selfs in duurder periodes."

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.