On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

‘Nersa se tariefverhoging baie slegte nuus vir landbou’

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 17 Jan 2023

‘Nersa se tariefverhoging baie slegte nuus vir landbou’ | News Article
FOTO: Moneyweb.

Die aankondiging van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) dat die elektrisiteitstariewe van Eskom met 18,65% kan verhoog, is nie net slegte nuus vir die landbousektor nie, maar ook vir die hele Suid-Afrikaanse ekonomie.

Só sê Nicol Jansen, die president van een van Sentraal-Suid-Afrika se landbou-organisasies, Agri Noord-Kaap.

“As dit ‘n einde sou kon bring aan beurtkrag, dan was dit miskien geregverdig. Maar die geskiedenis het geen vertroue dat dit wel ‘n moontlikheid is en kan gebeur nie,” sê Jansen.

Hy vertel dat in die jaar 2008/9 was die gemiddelde tarief vir grootmaat elektrisiteitsverkope 25% per eenheid, en dat Nersa begin het met bo-inflasie verhogings van tot 27,5% daardie jaar.

In 2023, veertien jaar later, sê Jansen, gaan Nersa volstoom voort om die prys van elektrisiteit bo-inflasie te verhoog, met ‘n hoë prys van 400% meer as in 2008.

LEES OOK: DA, EFF slam granting of 19% tariff hike to Eskom

“Veertien jaar later het Eskom minder energie om te verkoop as in 2008, met ‘n prys wat onbekostigbaar is. Dit is wat dit vir landbou onaanvaarbaar maak dat dit die enigste strategie is.

“Op hierdie stadium is dit net besig om kriminaliteit en die bedrywighede van sindikate binne Eskom te befonds, indien hierdie kriminaliteit nie onmiddellik aan die lig gebring word nie, en die nodige regstappe daaromtrent gedoen word om dit te kan beeïndig nie.”

OFM-nuus het onlangs berig dat besproeiingsprodusente in die Noord-Kaap ‘n video vrygestel het om die moonlike risiko’s van onreëlmatige beurtkrag op oeste onder besproeiing aan Eskom en Suid-Afrikaners bekend te maak.

Eskom het sedert verlede week fase 6 beurtkrag ingestel nadat elf van sy eenhede by verskeie kragstasies onklaar geraak het.

‘n Besproeiingsprodusent in die Douglas-omgewing, Jaco Cilliers, het met OFM-nuus gedeel dat produsente en hulle werkers oorwerk is. Dit, omdat Eskom die krag enige tyd van die dag óf nag aan- en afskakel.

“Die meeste boere is al besig om te kyk na sonstelsels en sonplase.

“Die probleem wat ons het, is ons het nogsteeds vir Eskom nodig vir in die aande wanneer die son nie skyn nie, want ongelukkig is nie een van die besproeiingstelsels só ontwerp dat hulle genoeg krag kan opwek deur die dag en water gee vir die gewasse wat op die lande staan nie,” verduidelik Cilliers.

Hy sê diesel is ‘n moontlike opsie, maar met die hoë brandstofpryse is dit meer as driekeer duurder as wat die prys vir elektrisiteit is.

Die nuwe elektrisiteitstarief sal vanaf 1 April geld.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.