Agriculture
Wolmark sit opwaartse tendens voort tydens veiling─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 20 Jan 2023
Die wolmark het sy opwaartse tendens van verlede week voortgesit. Goeie vraag en marksentiment het wolpryse verder opwaarts gedryf.
Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,7% vir nie-RWS en 3,8% vir RWS wol gestyg teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R170,09/kg en R181,89/kg, onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 2 541 bale aangebied, waarvan 97,8% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R199/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16.5 mikron, uit die skeersel van M Maphala, vanuit die Aliwal-Noord-distrik.
“Die koper was G Modiano,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 24 Januarie geskeduleer.
