Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 30 Jan 2023
FOTO: NWK Arena.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 1,16% gestyg.
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag met gemengde tendense verhandel vir wit- en geelmieliekontrakte.
- Die witmieliemark het vir lewering in Februarie 2023 met R19/ton (-0,41%) gedaal en teen R4 600/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Februarie 2023 met R25/ton (-0,54%) laer verhandel om teen R4 618/ton te sluit.
- Vir die week geëindig 20 Januarie, is 34 084 ton witmielies en 5 704 ton geelmielies uitgevoer.
- Die agt-week-uitvoervooruitskouing wat deur SAGIS gepubliseer is, projekteer dat ses diepsee-vaartuie van witmielies (300 481 ton) uitgevoer sal word tot einde Februarie. In so 'n mate dat uitvoer voorspel word om bo die vorige seisoentempo te wees, asook die vyf-jaar gemiddeld.
- 'n Diepsee-uitvoervaartuig word geprojekteer vir geelmielie-uitvoer aan die begin van Februarie.
- Vir witmielies is 67% van die geprojekteerde hoeveelhede uitgevoer.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 1,40% gestyg.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend met effense opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Februarie 2023 met R74/ton (+0,77%) hoër verhandel om teen R9 716/ton gesluit.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 1,51% gestyg.
- Rusland se Ministerie van Landbou het gerapporteer dat 94% van die land se winterkoringoes in 'n goeie-tot-bevredigende toestand is, wat gunstige vooruitsigte vir 2023-opbrengsvooruitsigte voorspel.
- Indië het ook die verkoop van staatskoringreserwes aangekondig om hoë binnelandse pryse te verlig.
- Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met opwaartse tendense verhandel. Die Februarie 2023 koringkontrak het met R86/ton (+1,32%) hoër verhandel om uiteindelik op R6 601/ton te sluit.
- Vir die week wat op 20 Januarie geëindig het, is 'n totaal van 43 416 ton koring ingevoer, uitsluitlik uit Brasilië.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
