On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vlakke van Oranje- en Vaalrivierstelsel styg

───   ELSABÉ RICHARD 17:14 Wed, 15 Feb 2023

Landbounuus-podcast: Vlakke van Oranje- en Vaalrivierstelsel styg | News Article
Deur Paffy - Upington Orange river, CC BY-SA 2.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=3496139

Die President van die Oranjerivier landbou-unie Wilco Fourie sê die vlakke van die Oranje- en Vaalrivierstelsel styg weens die voortdurende reën stroomop.

Hy sê damme se invloei is redelik sterk. Fourie sê dit hou 'n risiko in vir veral inwoners en produsente langs die rivier.

Intussen is ’n geel vlak-twee waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reënval oor die sentrale dele van Noordwes, die Vrystaat en Suid-Gauteng. Die  Suid-Afrikaanse Weerdiens het ook 'n oranje, vlak-vyf waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reënval oor die ooste van Noordwes en dele van die Vrystaat. Dit  kan lei tot oorstromings van laagliggende woongebiede of paaie, laagliggende dele en brûe, en bestuurstoestande op grondpaaie bemoeilik. 

Sommige abattoirs het hulle deure gesluit, terwyl ander in die mark is. 'n Senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, Prof. Frikkie Maré, sê  dit is te wyte aan onder meer vyfde kwart pryse wat nie te wense is nie. Hy sê inset- en voerkoste lei daartoe dat voerkrale ook onder druk verkeer, wat pryse beïnvloed.

EN

Uiters hoë brandtoestande word verwag oor dele van die Noord-Kaap, wat Pofadder en Victoria-Wes insluit. Toestande is van so aard dat die  Brandgevaar-indeks bo 75 is. Boere moet kennis neem dat brande onder hierdie toestande vinnig kan ontwikkel en versprei. wat skade aan eiendom en moontlike  verlies van mense- en/of dierelewe tot gevolg kan hê.

OFM-nuus












@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.