Agriculture
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 17 Feb 2023
Die moordenaars van 'n bejaarde boer van Noordwes verkeer steeds op vrye voet.
Polisiewoordvoerder, Sam Tselanyane, het Maandag aan OFM-nuus gesê Johan Bekker se Mercedes-nutsvoertuig is ook nog nie gevind nie. Die 74-jarige is Donderdag 2 Februarie op sy kleinhoewe in Vyfhoek by Potchefstroom verwurg, vermoedelik deur vier mans wat op die eiendom werk.
Dit is amper daardie tyd van die jaar wanneer produsente hulle jaarlikse loonopgawes aan die Vergoedingsfonds moet verklaar. Die fonds gebruik die inligting om te bepaal hoeveel die produsent moet betaal. Work Accident Support se Stephan Pietersen sê produsente wat nie die berekende bedrag binne 30 dae betaal nie, word met 10% boete. Hysê hy beveel aan dat produsente hul loopopgawes so gou moontlik verklaar.
Suid-Afrika het ’n tekort aan veeartse. Die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Vereniging sê dit is 'n wesenlike probleem met verreikende gevolge vir diere- sowel as openbare gesondheid. Die tekort benadeel die lewering van veeartsenykundige dienste, wat lei tot onvoldoende diereversorging, verminderde voedselsekuriteit en 'n verhoogde risiko vir dieresiektes.
Oranjerivier landbou-unie president Wilco Fourie, sê die vlakke van die Oranje- en Vaalrivierstelsel styg is weens voortdurende reën stroomop. Hy sê damme se invloei is redelik sterk. Fourie sê dit hou 'n risiko in vir veral inwoners en produsente langs die rivier.
EN
Toewyding is noodsaaklik in die produksie van sampioene. Dit is volgens dr. Susan Koch, 'n lid van die Suid-Afrikaanse Sampioenboerevereniging.
