On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 21 Feb 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: NWK Arena.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 0,24% gestyg.
  • Mieliemarkte voel egter steun van voortslepende droë weer in Argentinië.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. 
  • Die witmieliemark het vir lewering in Februarie 2023 met R51/ton (-1,13%) gedaal en teen R4 436/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Februarie 2023 met R2/ton (+0,04%) hoër verhandel om teen R4 522/ton te sluit.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Maandagoggend met 0,05% gestyg.
  • Ongunstige weer in beide Argentinië en Brasilië oor die volgende week het die potensiaal om internasionale sojaboonpryse te ondersteun. 
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Februarie 2023 met R7/ton (-0,07%) gedaal om teen R10 320/ton te sluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend 0,05% hoër verhandel.
  • Die eskalasie van die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne dreig om voorrade uit die Swartsee-streek op kort termyn te beperk.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met gemengde tendense verhandel. Die Februarie 2023 koringkontrak het met R5/ton (+0,07%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 953/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.