On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 08:18 Fri, 03 Mar 2023

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO deur CQF-Avocat: https://www.pexels.com/photo/scrabble-tiles-613508/

Vyf verdagtes, wat teregstaan op aanklagte van huisbraak ná 'n inbraak op 'n plaas in Wesselsbron, sal weer op 6 Maart in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die verdagtes het verlede week 'n geweer, handwapen en ammunisie gesteel.

Geleenthede in sagtevrugteproduksie gaan ondersoek word in die Oos-Vrystaat. Die nuwe premier, Mxolisi Dukwana, het tydens die provinsiale rede benadruk dat die Vrystaat nog altyd trots was op sy landbousektor en sy bydrae tot provinsiale ekonomiese aktiwiteite. Nuwe geleenthede sal positief bydra tot die provinsie se vermoë om voedsel te produseer en om werksgeleenthede te skep.

Suid-Afrikaanse landbou-uitvoer het 'n nuwe rekord van 12,8 miljard Amerikaanse dollar bereik in 2022. Die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika se Wandile Sihlobo sê onder meer mielies, druiwe, sitrus, neute, en wol was van die top uitvoerbare produkte in 2022. 

Byna sewe-en-'n-half duisend veediefstal-sake is tussen Oktober en Desember by die Suid-Afrikaanse Polisiediens geregistreer. Dit is volgens veediefstal-statistieke wat onlangs deur die polisie bekend gemaak is. Statistieke toon dat 855 veediefstal-sake in die Vrystaat geregistreer is, 847 in Noordwes en 281 in die Noord-Kaap. Dié misdaad bly 'n kwessie vir Sentraal-Suid-Afrikaanse boere, veral langs die Lesotho-grens.

EN

Poste in die landbousektor het in die vierde kwartaal van 2022 met 12 000 afgeneem. 

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.