On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbou krimp met 3,3% in vierde kwartaal van 2022

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 09 Mar 2023

Landbounuus-podcast: Landbou krimp met 3,3% in vierde kwartaal van 2022 | News Article
FOTO deur Pixabay: https://www.pexels.com/photo/calculator-and-pen-on-table-209224/

Die landbousektor het in die vierde kwartaal van 2022 met 3,3% gekrimp en het -0,1 van 'n persentasiepunt minder tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP)-groei bygedra.

Statistiek Suid-Afrika se jongste BBP-syfers toon landbou was een van die sewe bedrywe met negatiewe groei. 

Graan SA spits hom vanjaar onder meer toe op doeltreffende kommunikasie, kern waardeketting-verhoudinge sowel as winsgewendheid en volhoubaarheid. Graan SA se uitvoerende hoof Pieter Taljaard het op die eerste dag van die organisasie se kongres gesê waardeketting-verhoudinge is vir hulle lewensbelangrik.

Nehawu se staking duur voort en noop die Noord-Kaapse Departement van Landbou om sy kantore te sluit. Landboudepartement woordvoerder Zandisile Luphahla sê vakbond-lede is ontevrede oor salarisse en ander  voordele.  

Veldbrandtoestande heers weer oor dele van Sentraal Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat die brandgevaar-indeks bo 75 is in Postmasburg en  Hopetown in die Noord-Kaap, sowel as in Vryburg en Taung in Noordwes. 

Statistieke oor produktiwiteit op suiwelplase in Brittanje is kommerwekkend. OFM se Pieter Möller berig Britse melkplase toon ‘n afname terwyl ander wêrelddele  s'n toeneem.

EN

'n Dominee van 'n gemeente langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap vra mense moet dringend bid vir boerderygemeenskappe. Op baie plekke beheer noodwalle die water om te keer dat die landerye beskadig word. Dominee Gert Barnard van die NG Gemeente Louisvale sê in tye van vloede is die hele gemeenskap bekommerd, want almal is afhanklik van mekaar: wanneer boere  skade ly, ly sakeondernemings ook.

OFM-nuus



















@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.