Agriculture
Landbounuus-podcast: Graan SA hoopvol ten spyte van uitdagings in bedryf─── ELSABÉ RICHARD 15:58 Thu, 09 Mar 2023
Graan SA bly hoopvol ten spyte van verskeie uitdagings in die graanbedryf soos beurtkrag, oormatige reën en oorstromings.
Voorsitter Derek Mathews het tydens die organisasie se kongres op Nampo Park gesê produsente kom soms self met oplossings vorendag om suksesvol aan te hou boer.
Agri Noord-Kaap-president Nicol Jansen sê Suid-Afrika het steeds die voorreg om 'n voedsel-seker land te wees ondanks die risiko onvoldoende elektrisiteit.
Bek-en-klouseer het 'n bedeidende invloed op die lewende-hawe mark. Chris Derksen, wat weekliks velingspryse vir lewendehawe verskaf, sê geaffekteerde voerkrale slag hulle beeste uit vóór hulle hul krale weer vir ander vee kan gebruik. Hy doen verslag oor onlangse veilingspryse.
Die Vrystaatse Departement van Landbou sê hy word nie deur die landwye Nehawu-staking geraak nie. Die Noord-Kaapse landboudepartement is egter genoop om sy kantoor in Kimberley te sluit nadat stakers Maandag die strate ingevaar het. Noord-Kaapse Nehawu sekretaris Moleme Moleme het voorheen aan OFM-nuus gesê lede is ontevrede oor salarisse.
Die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging bied op 21 April ‘n veldbrand-expo om Sentraal-Suid-Afrikaners voor te berei op die droë seisoen. Die vereniging se Johan Breytenbach WAARsku vanjaar se brandseisoen kan een van die ernstigste tot dusver wees. Onder meer omdat goeie reën gelei het tot oormatige brandbare materiaal.
EN
Die kontantpryse van beide wit- en geelmielies het vandeesweek 'n daling getoon én terselfdertyd gestabiliseer. Senior landbou-ekonoom, Johnny van der Merwe, sê sojaboon spotpryse het ook gedaal.
