On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:44 Mon, 13 Mar 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO deur Arina Krasnikova (https://www.pexels.com/photo/overhead-shot-of-corn-cobs-6316517/)

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het sedert Donderdag met 2,52% gedaal.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag met effense afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. 
  • Die witmieliemark het vir lewering in Maart '23 met R78/ton (-1,86%) gedaal en teen R4 120/ton gesluit. 
  • Die geelmieliemark het vir lewering in Maart '23 met R97/ton (-2,25%) laer verhandel om teen R4 205/ton te sluit.
  • Vir die week geëindig 3 Maart, is 103 972 ton witmielies en 4 954 ton geelmielies uitgevoer. 
  • Die agt-week-uitvoervooruitskouing wat deur SAGIS gepubliseer is, projekteer dat vyf diepsee-vaartuie van witmielies (244 501 ton) tot einde April uitgevoer sal word. 
  • Die uitvoertempo vir witmielies is hoog hierdie seisoen, tot so 'n mate dat uitvoer voorspel word om bo die vorige seisoene te wees, sowel as die vyf-jaar gemiddelde. 
  • Twee diepsee-uitvoervaartuie word geprojekteer vir geelmielie-uitvoere tot die begin van April. 
  • Tans verhandel die Maart (loko)-kontrak R750/ton onder die Amerikaanse uitvoerparty na Randfontein, en R1 027 ton onder die Argentynse uitvoerpariteit na Randfontein.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Vrydagoggend met 0,43% gedaal.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met skerp afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Maart 2023 het met R188/ton (-1,93%) gedaal om teen R9 565/ton gesluit.
  • Tans verhandel die Maart (loko)-kontrak R1 540/ton onder die Amerikaanse uitvoerpariteit, R1 390/ton onder die Argentynse uitvoerpariteit en R227/ton onder die Brasiliaanse uitvoerpariteit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend 3,11% laer verhandel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met skerp afwaartse tendense verhandel. Die Maart '23 koringkontrak het met R119/ton (-1,81%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 470/ton.
  • Vir die week geëindig 3 Maart is 10 424 ton koring uitsluitlik uit Pole ingevoer, vir die eerste keer hierdie bemarkingseisoen. 
  • Die huidige bemarkingseisoen neig die invoertempo bo die vyf-jaar gemiddelde sowel as die vorige seisoentempo. 
  • Tans verhandel die Maart (kol)-koringkontrak R119/ton bo die Russiese invoerpariteit na Durban, R119/ton bo die Duitse invoerpariteit en R898/ton onder die Argentynse invoerpariteitsvlak.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.