Agriculture
Vrede-suiwelprojek weer in die kollig, dié keer vir dieremishandeling─── ELSABÉ RICHARD 13:44 Mon, 13 Mar 2023
Die Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat is pal in die nuus aangesien dit in die verlede gekoppel is aan die berugte Gupta-broers.
Dit maak egter bou weer opslae ná kommer oor dieremishandeling.
ALSO READ: Ex-investigator claims names removed from #Vrede report
Keshvi Nair van die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings(NDBV) sê hulle het onlangs inligting ontvang van ’n trop melkkoeie sonder kos, water en veeartsenykundige behandeling op die Vrede-suiwelplaas.
Sy sê ’n span inspekteurs is na die plaas gestuur om die klagte te ondersoek, “veral aangesien die NDBV in 2014 aanklagte van dieremishandeling teen lede van die plaas aanhangig gemaak het nadat inspekteurs op die plaas op lydende diere afgekom het.
“Ongelukkig is die saak deur die staat laat vaar en is beweer dat die aangeklaagde party na Indië gevlug het en nie meer opgespoor kon word nie.
“Ongelukkig het die NDBV-inspekteurs met die ondersoek van die huidige klag weer diere op die plaas gevind wat ly,” sê Nair.
ALSO READ: FS Agriculture Department ‘happy to hand over #Vrede project to rightful owners’
Oorhandiging van projek
In Januarie verlede jaar is die projek, ná jare se gewag, aan 65 begunstigdes oorhandig.
Die Vrystaatse LUR van Landbou, Thembeni Nxangisa, het die projek, wat byna 600 koeie, melktoerusting asook trekkers ingesluit het, oorhandig.
Nxangisa het toe gesê die gewese premier Sisi Ntombela, wat ook die geleentheid bygewoon het, het R20 miljoen opsy gesit om verder in die plaas te belê.
Begunstigdes het hul frustrasies te kenne gegee omdat hulle jare moes wag, maar het gesê dat dit op die ou end die moeite werd was.
Departement neem kennis
Die landboudepartement-woordvoerde Zimasa Mbewu het by navraag aan OFM-nuus gesê hulle neem kennis van mediaberigte oor die Vrede-suiwelprojek.
Mbewu het bevestig dat die departement 'n interne ondersoek sal instel ná berigte van dieremishandeling en bygevoeg hulle hoop om ’n vergadering met die NDBV te belê om hul verslag te bespreek.
Nair het intussen bevestig hulle het met die departement in aanraking getree.
Mbewu het aan OFM-nuus gesê hulle sal na dié vergadering terugvoer gee.
