Agriculture
Wolmark neig afwaarts tydens 24ste veiling─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 17 Mar 2023

Die wolmark het weer eens die afgelope week die afwaartse neiging in die Australiese mark gevolg en bykomende afwaartse druk ervaar van die sterker rand teenoor die Amerikaanse dollar.
Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,1% vir nie-RWS en 3,8% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R166,50/kg en R177,98/kg onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 2 151 bale aangebied, waarvan 93,72% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R210/kg, is behaal vir ’n 6 baal-lot AFFY van 15.6 mikron, uit die skeersel vanuit die Kerneels Greyling Trust, van die Wakkerstroom-distrik.
“Die koper was Standard Wool,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 22 Maart geskeduleer.