On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement geloof vir sy pogings om bek-en-klouseer hok te slaan

───   ELSABÉ RICHARD 15:20 Mon, 20 Mar 2023

Landbounuus-podcast: Departement geloof vir sy pogings om bek-en-klouseer hok te slaan | News Article
FOTO: Alex Azabach (https://www.pexels.com/photo/brown-and-white-cattle-behind-gray-fence-3214973/)

Die Vrystaatse LUR vir Finansies het die Departement van Landbou geloof vir sy pogings om bek-en-klouseer hok te slaan.

LUR Gadija Brown het Donderdag tydens die lewering van die begroringsrede gesê die departement gaan steeds voort om ‘n positiewe bydrae tot die ekonomie te lewer. Brown het aangekondig die departement meer as R800 miljoen ontvang vir die 2023/24-finansiële jaar.

Kleinhandelpryse vir gemmer het so laag as R30/kg gedaal aangesien reën die kwaliteit in groot volumes verminder het. Farmer’s Weekly se Janine Ryan sê aangesien pryse vir gemmer tydens die Covid-19-pandemie tot sowat R300/kg opgeskiet het, het boere meer gemmer geplant, wat tot laar pryse gelei het weens vraag- en aanbod. Ryan sê ingevoerde gemmer bly ‘n uitdaging vir Suid-Afrikaanse produsente.

Die Noord-Kaapse Departement van Landbou werk hard daaraan om jong mense deel te maak van die landbousektor. LUR Mase Manopole het Donderdag 'n toespraak gelewer by die 2023 landbou gegradueerde simposium, aangebied deur Raisins SA. Ongeveer 68 jong werklose landbou-gegradueerdes verlaat 'n tweejaar-werk-program, wat deur die regering ondersteun is ten bedrae van R7,2 miljoen.

Die wolmark het weer eens die afgelope week die afwaartse neiging in die Australiese mark gevolg en bykomende afwaartse druk ervaar van die sterker rand teenoor die Amerikaanse dollar. Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,1% vir nie-RWS en 3,8% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling. Die volgende wolveiling is vir 22 Maart geskeduleer.

EN

Die Amerikaanse koringmark het ligte tot matige winste getoets, aangesien die sperdatum vir die sleutel Swartsee-skeepvaarttransaksie vinnig nader. Die Filippyne en Jordanië soek tans koring op die ope mark. Intussen het die plaaslike koringmark Donderdag ook gemeng maar meestal positief gesluit. Dit terwyl die plaaslike mieliemark negatief verhandel het met die witmieliemark wat groter verliese getoon het as die geelmieliemark.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.