Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 21 Mar 2023
FOTO: Engin Akyurt (https://www.pexels.com/photo/selective-focus-photography-of-grilled-corns-1435863/)
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die Amerikaanse mieliepryse het steeds hoër geneig toe nog 'n blitsverkope aan China aangekondig is. Oorvloeisterkte van koring het pryse verder ondersteun. China het vier opeenvolgende blitsverkope gemaak van verlede week Dinsdag tot Vrydag.
- Plaaslik: Die plaaslike mieliemark negatiewe sentiment getoon in Maandag se sessie met pryse wat tot en met 1% verloor het.
- Die witmieliekontrak het vir Maart ’23 R8/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 145/ton te sluit.
- Witmielies vir lewering in Julie '23 het R38/ton swakker verhandel teen R3 950/ton.
- Die geelmieliekontrak vir Maart ’23 het verhandel teen R4 000/ton, R1/ton swakker.
- Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie ’23 het teen R4 156/ton verhandel, R27/ton swakker.
Sojabone:
- Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag afwaarts verhandel met aansienlike verliese. Die rekordbrekende Brasiliaanse oes plaas steeds baie afwaartse druk op pryse met die wankelende olieprys wat verdere druk verleen.
- Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het vatbare negatiewe sentiment getoon. Pryse het tussen 1,1% en 1,4% gedaal.
- Die sojaboon Maart ’23-kontrak het R125/ton swakker verhandel teen R9 250/ton.
- Die sojaboon Mei ’23-kontrak het R103/ton swakker verhandel teen R8 505/ton.
- Die sojaboon Julie ’23-kontrak het teen R8 660/ton, R55/ton swakker, verhandel.
Koring:
- Die Amerikaanse koringmark het Vrydag stewige winste ingesamel namate die waarskynlike verlenging van die Swartsee-skeepvaart verstandhouding in die lug hang.
- Plaaslik: Die plaaslike koringmark het die ander twee grane laer gevolg.
- Die koring Maart ’23-kontrak het teen R6 610/ton verhandel, R29/ton swakker.
- Die koring Mei '23-kontrak het teen R6 585/ton verhandel, R30/ton swakker.
