Agriculture
Landbounuus-podcast: Man in hof nadat sake vol perlemoen in sy besit gevind is─── ELSABÉ RICHARD 15:04 Thu, 23 Mar 2023
'n 26-jarige man kom binnekort voor nadat hy met 16 vullissakke perlemoen betrap is op die N6 naby Reddersburg.
Vrystaatse polisie het Woensdag ’n motor by 'n voertuigkontrolepunt deursoek en afgekom op meer as 700 stuks perlemoen. Die bestuurder was van Gqebhera in die Oos-Kaap oppad na Bloemfontein.
Sowat 1 400 km grondpaaie na NWK se silokomplekse in Noordwes word weer geskraap. Dis sodat vragte graan in die komende stroopseisoen so gerieflik moontlik vervoer kan word. NWK se groeps-uitvoerende beampte Theo Rabe sê van die paaie is erg verspoel ná swaar reën die afgelope paar maande.

Die Mededingingskommissie stel amptelik ondersoek in na die varsproduktemark. Die kommissie se Doris Tshepe sê hulle wil die stand van mededinging in die varsproduktewaardeketting verstaan, deur verskeie roetes na die mark vir boere te ondersoek en veral die hindernisse vir kleinskaalse of opkomende boere.
Byeboere van Sentraal-Suid-Afrika is vandeesweek van die uitstallers in 'n kompetisie by die derde Afrika Apimondia-simposium in Durban. Volgens die Noordwes Departement van Landbou neem agt van sy 20 byeprodusente deel. Deelnemers uit talle dele van Afrika skryf hul produkte in vir beoordeling. Die departement sê produsente vind baat by blootstelling aan die sektorstandaarde en verpakkingsvereistes.
EN
Toerusting van amper R4 miljoen is oorhandig aan Warmsandboerdery en Eksteenskuil Koöperasie in die omgewing van Kakamas. Die Noord-Kaapse Departement van Landbou se Zandisile Luphahla sê die toerusting is om opkomende boere te help om hul ondernemings te vestig.
