On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Goeie mededinging op 25ste wolveiling

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 27 Mar 2023

Goeie mededinging op 25ste wolveiling  | News Article
FOTO: Kat Smith (https://www.pexels.com/photo/white-goat-kid-on-grass-593898/)

Die mark het gedurende die 25ste wolveiling van die 2022/23-seisoen herstel en alle mikronkategorieë het positiewe resultate gelewer.

Daar was ook weer goeie mededinging tussen kopers. 

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,5% vir nie-RWS en 3,2% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R170,63/kg en R183,62/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 2 188 bale aangebied, waarvan 94,5% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R193/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BFY van 17.2 mikron, uit die skeersel vanuit PG Viljoen, van uit die Swellendam-distrik.

“Die koper was Segard Masurel,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 29 Maart geskeduleer.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.