On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   14:51 Thu, 30 Mar 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: icon0.com (https://www.pexels.com/photo/person-holding-rice-grains-226615/)

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliepryse het Woensdagoggend 0,5% hoër verhandel ná 'n blitsverkope aan China. China het nog 203 200 ton van die VSA gekoop. Etanolproduksie het bo die 1 miljoen vat per dag-kerf gebly en voorraad het met 3% afgeneem.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het weereens gemeng verhandel teen sluitingstyd. Witmielies het effens beter presteer as geelmielies.
  • Die witmieliekontrak het vir April ’23 R30/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 978/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie '23 het R5/ton swakker verhandel teen R3 846/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir April ’23 het verhandel teen R4 021/ton, R6/ton swakker. Die geelmieliekontrak vir lewering in Julie ’23 het teen R4 060/ton verhandel, R6/ton swakker.

Sojabone:

  • Die Amerikaanse mieliepryse het Woensdagoggend 0,5% hoër verhandel ná 'n blitsverkope aan China. China het nog 203 200 ton van die VSA gekoop. Etanolproduksie het bo die 1 miljoen vat per dag-kerf gebly en voorraad het met 3% afgeneem.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het Donderdag sy kop laat sak en laer verhandel.
  • Die sojaboon April ’23-kontrak het R45/ton swakker verhandel teen R8 175/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het R58/ton swakker verhandel teen R8 185/ton. Die sojaboon Julie ’23-kontrak het teen R8 341/ton, R42/ton swakker verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmarkpryse was oornag rooiwarm, maar het aansienlik afgekoel namate Woensdag se sessie aangestap het. Mei CBOT-kontrakte het op 'n stadium Donderdagoggend 'n vier weke hoogtepunt bereik.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het effens ondersteuning gevind in Donderdag se sessie.
  • Die koring April ’23-kontrak het teen R6 630/ton verhandel. 
  • Die Koring Mei ’23-kontrak het teen R6 695/ton verhandel, R16/ton sterker.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.