On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landboudepartement ontmoet belanghebbendes oor paaie, werksgeleenthede

───   ELSABÉ RICHARD 15:25 Thu, 30 Mar 2023

Landbounuus-podcast: Landboudepartement ontmoet belanghebbendes oor paaie, werksgeleenthede | News Article
FOTO: Vrystaatse LUR vir die Departement van Landbou, Teboho Mokoena/Facebook.

Die Vrystaatse LUR vir Landbou het beraadslaag met verskeie belanghebbendes oor kwessies soos die toestand van paaie en werksgeleenthede.

LUR Teboho Mokoena sê hulle wou ook kyk na samewerking die provinsie se landboupotensiaal te ontsluit.

Verbruikers kan verwag om vanjaar meer te betaal vir 'n appel en 'n peer. Die toename is weens 'n haelstorm in die Langkloof, wat ongeveer 1 500 hektaar appel-en peerboorde geraak en infrastruktuur op verskeie plase vernietig het. Sagtevrugte-organisasie Hortgro sê 1,2 miljoen uitvoer-kartonne het in die slag gebly. 

Drie leeus is geneem na 'n diere skuiling nadat hulle gered is van 'n  eiendom in Randfontein in Gauteng. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging sê die provinsiale landboudepartement het hulle is ingelig dat dié groot katte ontwettig aangehou word. 'n Saak is by die polisie geopen. Die vereniging waarsku wilde diere se welsyn kan in gedrang kom as hulle aangehou word. Die beskuldigdes kan tronkstraf kry en/of 'n R10 miljoen boete kry.

Bokpryse sal na verwagting weer oor twee weke styg na die einde van Ramadan. Chris Derksen, wat weekliks velingspryse vir lewendehawe verskaf, sê die prys van stoorlammers neem ook intussen toe. Hy doen verslag oor onlangse veilingspryse.

EN 

Die Noordwes Departement van Landbou sê sy deelname aan vanjaar se Apimondia-simposium in Durban het sy bande verstewig met byeboere en ander Afrika-lande. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.