Agriculture
Landbounuus-podcast: Boere aangeraai om wyse finansiële besluite te neem─── ELSABÉ RICHARD 14:25 Fri, 31 Mar 2023
Boere word aangeraai om wyse finansiële besluite te neem gedurende 'n uitdagende ekonomiese tyd vir Suid-Afrika.
Die Reserwebank het die repokoers met 50 basispunte van 7,25% tot 7,75% verhoog, wat 'n uitwerking het op produsente se winsmarges en hul vermoë om skuld te delg.
Die verwagte kommersiële mielie-oes word gestel op byna 16 miljoen ton, 1,7% meer as die vorige skatting. Volgens die Nasionale Oesskattingskommittee se oppervlakte- en tweede produksieskatting vir somergewasse, is die skatting van witmielies 8,3 miljoen ton. Vir geelmielies is dit 7,5 miljoen ton, 1,4% meer as die eerste skatting.
Hoender kraai dalk binnekort weer koning as die land se goedkoopste bron van vleisproteïene. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê varkvleis was vroeg in 2022 die goedkoopste. Die gemiddelde varkvleisprodusentepryse in die derde kwartaal was onder die gemiddelde braaihoenderprodusentepryse. Maar 'n onlangse veeverslag toon egter hoender was in die vierde kwartaal weer die bekostigbaarste.
Kwanalu vra padgebruikers moet slaggate aanmeld deur SANRAL se toep. Janine Ryan sê die KwaZulu-Natalse landbou-unie moedig veral plattelandse bestuurders aan om swak en gevaarlike paaie te rapporteer met die Valazonke-toepassing.
EN
OFM keer terug as die amptelike mediavennoot van Graan SA se NAMPO Oesdag vir 2023. OFM-verkoopsbestuurder, Anchen Lintvelt sê NAMPO Oesdag, wat Afrika se grootste landbouskou is, vind plaas van 16 tot 19 Mei by NAMPO Park buite Bothaville.
